Read Through the Bible in 2026 Read Through the Bible in 2026

Is jy gereed om van 2026 die jaar te maak waarin jou liefde vir God se Woord sommer baie dieper gaan word? Sluit aan by 'n wêreldwye gemeenskap van vroue wat die Bybel saam in een jaar deurlees—en wat gaandeweg met mekaar deel wat die Here vir ons leer.

Skryf hieronder in om ons te laat weet dat jy saam met ons op reis gaan! Of jy nou al die Bybel talle kere deurgelees het en of dit jou heel eerste keer van Genesis tot Openbaring is, ons sien daarna uit om hande te vat met susters wat 'n passie het vir God se Woord.

As jy hulp nodig het om aan die gang te kom, gaan kyk gerus na ons gratis hulpmiddels wat jou sal help om op koers te bly. Jy kan inteken vir daaglikse e-posse, die leesplan aflaai, en deel word van ons aanlyn gemeenskap waar jy jou lesse met vroue oor die hele wêreld kan deel. Teken in om daaglikse hulpbronne te ontvang, of steek bloot jou hand op en sê: “Ek doen mee!”

Ons kan nie wag om hierdie pad saam met jou te stap nie!

Hulpbronne

Ontdek gratis hulpmiddels wat jou sal help om getrou te bly aan jou Bybelleesplan.

Teken in vir daaglikse e-posse

Skryf in vir ons daaglikse e-posse wat jou stap-vir-stap deur die leesplan sal begelei. Jy sal wenke ontvang om jou te help om dit wat jy gelees het weer te oordink, die betekenis daarvan te bepeins en prakties daarop te reageer. Elke e-pos bevat ook inspirerende aanhalings van Nancy DeMoss Wolgemuth.